19-jarige verkrag 12-jarige meisie

‘n 19-jarige student is in Sunnyside in hegtenis geneem en word aangekla van statutêre verkragting nadat hy omgang gehad het met ‘n 12-jarige meisie.

Die kind se ma het die student in haar woonstel betrap en hy is later in hegtenis geneem . Hy sal vandag in die Pretoriase landdroshof verskyn op ‘n klag van statutêre verkragting.

Sunnyside was eens die Mekka van veral onderwys studente en bejaardes maar deesdae is dit ‘n tweede Hillbrow met dwelms en misdaad wat hoogty vier.