Nuusflitse

Karl Bremer hospitaal in chaos

Ten spyte van ‘n jaarlikse begroting van R366 miljoen sukkel die hospitaal om na behore te funksioneer.  Dokters se werksdruk is van so ‘n aard dat hul nie kwaliteit sorg aan pasiënte en hulself kan handhaaf nie.

 

Groot Transnet tender ondersoek

Ondersoek gaan ingestel word na ‘n tender van bykans R40 miljard by Transnet .

Die tender aansoek het gesluit op 13 Junie 2017. en volgens media berigte is die waarde gelykstaande aan die wapen aankoop skandaal.

Daar word vermoed dat die “broers van Indië” moontlik ook daar ‘n vinger in die pastei kan hê.

 

Een goeie ding uit ANC konferensie

As daar iets goeds was uit die pas afgelope ANC sirkus is dit die feit dat die afgods volkslied gesing is sonder die Afrikaanse gedeelte daarby. ‘n Waarnemer sê die voorvader volkslied was en is nog nooit  deel van die Afrikaner se etos en dit waarvoor hy staan nie.