Nog ‘n hoë geskors

Alhoewel verdag min besonderhede bekend gemaak is, het die raad van die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid-Afrika, OKOSA, wel bevestig dat sy bestuurshoof, Pakamile Pongwana, geskors is.

Geen redes is verskaf nie, maar vir wat dit werd is, is net gesê dat Pongwana “as ‘n voorsorgmaatreël” geskors is.

Intussen sal die huidige bedryfshoof, Willington Ngwepe, as bestuurshoof waarneem.