Japan en EU sluit groot handelsverdrag

Mixed Europe and Japan flag, three dimensional render, illustration

Die Japanse premier, Shinzo Abe, het Donderdag tydens die G20 beraad in Brussel die grootste handelsooreenkoms onderteken wat nog ooit met die Europese Unie aangegaan is.

Politieke ontleders sê die een na die ander verdrag word aangegaan tussen lande terwyl president Donald Trump poog om lande te dwing om in die VSA te belê.

Deskundiges bestempel die ooreenkoms as ’n vernuftige skuif van Japan en die Europese Unie nadat Amerika Japan en Duitsland gedreig het met vermindering in handel met hulle motorbedryf.

Alhoewel die finale dokument van ooreenkoms nog opgestel en onderteken moet word tussen Japan en die EU, is dit glo ’n uitgemaakte saak dat die ooreenkoms deurgevoer sal word.

President Trump het vroeër gedreig om die invoer van luukse Duitse motors af te skaal, en ook Japan gewaarsku om eerder in die VSA sy fabrieke op te rig en nie in Meksiko nie.

President Trump het ook die VSA onttrek uit die Trans-Pacific Partnership  (TPP) wat tussen die lande in die Stille Oseaan geldig is.

Die enorme handelsooreenkoms stel glo twee knelpunte reg deur die invoer van Japanse voertuie na EU te verbeter, en Europese voedsel uitvoere na Japan moontlik te maak.