Suid Afrika ook dwelmmekka?

Naas die twyfelagtige eer om as misdaadmekka van die wêreld geklassifiseer te word, blyk dit dat dwelmhandel en dwelmsmokkelary aan die toeneem is in Suid Afrika.

Een verdagte is in Richardsbaai gearresteer nadat heroïen ter waarde van R100 miljoen in ‘n voertuig gevind is  by die Kosibaai hawe ingang.

Twee uitlanders is in ‘n opvolgaksie in die PWV gearresteer en sal na verskyning in die Johannesburgse hof oorgeplaas word na Natal.

Die steeds drasties stygende getal onwettige immigrante is grotendeels verantwoordelik vir die insmokkel en verspreiding van dwelms in die land.

Die ANC is egter nie bereid om strenger grensbeheer in te stel nie, omdat daardie immigrante, sodra hulle burgerskap kry, lojale ANC-stemvee word.