Wêreld Nuusflitse – 17 Mei

SAL staking dreig

Kajuit personeel van SAL het aansoek gedoen vir ‘n staking by die Kommissie van Arbitrasie en Rekonsiliasie nadat onderhandelings met SAL ‘n dooie punt bereik het. Verlede maand is menige vlugte van SAL ontwrig toe ‘n onwettige staking begin is. 

 

Ekonomiese hervorming

Minister Malusi Gigaba het waarheid kwytgeraak deur te sê dat staats entiteite hervorm moet word as daar enigsins groei kan plaasvind in die ekonomie. Hy het egter nie gemeld hoe ontslae geraak gaan word van Brian Molefe, SAL se Myeni en ander nie.

 

Sassa

Minister Dlamini het koes-koes die vraag ontduik oor waarom Sassa skielik R6 miljard benodig om pensioen uitbetalings te doen.