Wit sakemanne moet transformasie aanhelp.

Die Minister van Finansies meen glo dat blanke sakemanne wat gebaseer is op ras en geslag, nou na vore moet kom om die finansiële transformasie met mening te bevorder.

Hy bestempel die situasie as ’n “klasse verskil” wat reggestel moet word, en blanke sakeondernemings wat die welgesteldes is, moet die transformasie bevorder.

’n Woordvoerder van die Oranje Sakekamer in Pretoria in in antwoord hierop gesê dit is vreemd om van ’n sakeman te verwag om sy eie ondergang te bewerkstellig.

Hy sê so ’n stap sal beteken dat die onderneming klaarblyklik die dom ding moet doen om sy besluitnemings gesag oor te dra, wat dan indirek meebring dat die eienaar sy eiendom afstaan aan iemand anders.

Minister Malusi Gigaba sê as die blankes dit nie gaan doen nie, bly die arm mense uitgelewer.

Hy sê die huidige toestand reflekteer steeds ’n klimaat van kolonialisme van die verlede en dit moet uit die weg geruim word.

Die Minister het sy omstrede uitlatings gemaak tydens ’n toespraak wat gelewer is voor die sogenaamde Black Business Council (BBC), 

Gigaba het met klem verwys na die “hoë konsentrasie van welvarendes gebaseer op ras, geslag en klas in die land.

Foto – Minister Gigaba