Wêreld Nuusflitse – 19 Mei

Uganda

Die vertoning van ’n Nederlandse film, is verbied in Uganda en kon nie vertoon word tydens die jaarlikse filmfees nie, aangesien die owerheid bevind het dat die rolprent homoseksualiteit verheerlik.

 

Rusland

President Vladimir Poetin het aan die media gesê hy kan bewyse voorlê dat president Donald Trump van Amerika geen inligting aan Rusland se twee afgevaardigdes verstrek het nie.

 

Spanje

Tydens die Europese Kongres in Spanje het wetenskaplikes gesê dit is ’n mite dat oorgewig mense ook fiks kan wees, en benadruk dat mense se gewig in verhouding met die persoon se lengte moet wees.