Viking nalatenskap gevind in Skotland

Derek McLennan, ’n man wat gedurig met ’n metaalverklikker op soek is na kosbare goedere, het onlangs afgekom op ’n klomp kosbare artikels uit die dae van die Vikings.

Die kosbare fonds is in Skotland gevind en hy het dit aan deskundiges oorhandig om te bepaal wat die waarde en oorsprong daarvan is.

Anders as in die res van Groot-Brittanje, waar so ’n fonds se opbrengs gelykop gedeel word tussen die grondeienaar en die vinder daarvan, is dit in Skotland die volle eiendom van die vinder.

Derek McLennan sal sowat £2 miljoen betaal word vir die kosbare fonds wat in museums opgeneem word.

Kenners van oudhede sê dit is die “rykste versameling” van Viking goedere wat tot nog toe gevind is.

’n Goue ring, asook ’n silwer armband is saam met ’n enemmel Christelike Kruis gevind. Verskeie ander artikels is ook gevind en die totaal daarvan is meer as 100 verskillende voorwerpe waarvan sommige nog nie geïdentifiseer kon word nie.

Die instansies wat verantwoordelik is vir die betaling van die goedere, het ses maande tyd gekry om die geld bymekaar te maak ’n aan die ontdekker te betaal.

Foto – Derek McLennan