Treine gebrand

Veertien treinwaens het “onverklaarbaar” aan die brand geraak by die Wonderboom-stasie by Pretoria.

Van die waens kon ontkoppel word, maar ten minste ses is skynbaar onherstelbaar na die brand.

Die blus van die brand is vertraag omdat daar eers ’n elektriese sertifikaat verkry moes word van Prasa, sodat die elektrisiteit na die betrokke spoorlyn gesny kon word.

Die vermoede is egter dat pendelaars weer daarvoor verantwoordelik kan wees.

Die afgelope tyd is ook groot skade aangerig aan treinwaens in die Wes-Kaap deur ontevrede pendelaars.