Suid Afrikaanse Raad van Kerke ondersoek staatskaping

In ‘n verklaring het die SARK gemeld dat in  hul ondersoek na die staatskaping hul op moontlike wyses afgekom het wat daarop dui dat staatsbates op ‘n stelselmatige  wyse “verdwyn” na ander bronne, maar dat dit verdoesel word in ‘n chaotiese proses.

Politieke leiers in Afrika is bekend daarvoor dat hul êrens vir hul neseiers in die buiteland “belê” om te sorg vir die jare na hul heerskappy tot ‘n einde gekom het.

Die verslag wat die SARK vrygestel het, is nie vleiend vir Jacob Zuma nie, en skynbaar gaan hulle ondersoek voort.