Spur se grootbaas ongelukkig ten spyte van R100 miljoen

Allen Ambor, die grootbaas van Spur, het al sy aandele in die maatskappy verkoop en bykans R100 miljoen ryker geword.

Hy is egter kwaad vir die “witman” se optrede teenoor ‘n swart vrou in die Texamo Spur wat gelei het tot ‘n boikot aksie teen die groep. Hy beskryf die man as aggressief en sy optrede as totaal onaanvaarbaar.

Niks word egter gemeld van die aansienlik ouer swart kind se boelie optrede teenoor die jong wit kind nie.

Hy beleef egter “aansienlike ongelukkigheid” oor die toestand van die land.

Waarnemers wys daarop dat sy ongelukkigheid nie maak nie dat Jan Burger beter moet voel oor dit wat in die land plaasvind en dit wat gebeur as versoening ‘n klug blyk te wees. Nietemin sal sy R100 miljoen hom waarskynlik ‘n heenkome elders kan verseker.

Foto: Allen Ambor