Spur – Hoop vir Blankes

Die hele Spur sage is klaarblyklik nie afgeloop nie.  Hoe meer die topbestuur probeer verduidelik, hoe meer draai hul hulself vas.  Maar daar is dalkies iets anders te leer uit hierdie hele saak.

As ‘n groot en amper magtige ketting eetgroep bykans op sy knieë gebring word deur Afrikaner verset dan is daar êrens nog iets van Afrikanertrots en -weerstand oor.  Dan het die Hugenote- en Voortrekkerbloed nog êrens iets wakker gemaak by van ons volksgenote.

Die vraag is egter of dit net ‘n eenmalige protesaksie is omdat dit op die sosiale media aangevoer is het dit net beteken “Ek bly weg van Spur ”.  Geen verdere moeite of inspanning nie en ek stel myself ook nie werklik bloot aan enige openbare kritiek nie.  Die Afrikaner se groter probleem is nie net geleë in gemengde eetplekke en skole nie, maar in die daaglikse moordaanslag teen ons mense. Sedert 1994 is bykans meer as 2 000 blankes vermoor en dit gebeur daagliks, maar daaroor teken ons nie protes aan nie.  Hoeveel meer van ons boere en self stedelinge moet nog sterf voordat ons sal opstaan en sê: genoeg is genoeg?

Hoe lank gaan ons in ons huise sit en wag en hoop dat iemand iets gaan doen? Coligny het getoon dat ons eiendom en dalk self ons lewens niks werd is nie.  Hoekom is ons mense traag (of bang) om bv. die Boere Afrikaner Volksraad te ondersteun en dit net deur te registreer as ‘n kieser?  Dan kan díe mense na die regering gaan en sê daar is soveel mense wat moeg is vir hierdie onderdrukking en moorde wat plaasvind.

Kom ons trek ‘n Spur deur die ANC en die regering om te wys dat ons ‘n plekkie in die son soek in hierdie land van ons.  Sou ons nie kans sien daarvoor nie, moet ons gaan eet in die Spur, ons moet toelaat dat graad 2 meisies verkrag word in gemengde skole en ons moet ophou raas en skreeu op Bakkiesblad, Twitter en al die sosiale mediakringe en deel word van ‘n baster of reënboognasie –waar wit in elk geval nie figureer nie.

Jan van Velden