Spinnekop maak nes in kind se been

’n Agtjarige dogtertjie is inderhaas na ’n hospitaal geneem nadat ’n spinnekop uit haar been, waar ’n bytplek is, gekruip het.

Scarlett Hinchliffe het simptome van moontlike griep getoon nadat sy gebyt is in ’n beboste veld gedurende die namiddag.  Die aand het ’n klein spinnekop uit die gaatjie in haar been gekruip terwyl sy besig was om te bad.

Haar 36 jarige ma, Jodi, het met haar kind gejaag na die naaste hospitaal waar sy onmiddellik ’n sterk dosis antibiotika ingeneem het.

Ma en dogter weet nie op watter stadium die spinnekop in die gaatjie van die bytplek gekruip het nie, maar dokters is dit eens dat so ’n voorval baie selde in die natuur sal voorkom.

Die dogtertjie het nog vir etlike dae ongesteld gebly, met baie pyn en newe effekte.

Dokters reken die kind sou binne ure dood gewees het as die ma nie so vinnig opgetree het nie.