SASSA geld vir Dlamini se kinders

 

Die omstrede minister van Sosiale Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het na bewering gelde van SASSA misbruik om vir haar kinders se beskermingsgelde te betaal.

Die bedrag beloop bykans R1 miljoen.

Die SAPD het ‘n spesiale beskermingseenheid vir ministers en hulle familie, dus is dit nie nodig vir Dlamini om ‘n private sekuriteitsmaatskappy aan te stel en te betaal op belastingbetalers se rekening nie, tensy sy natuurlik geen vertroue in haar eie regering se polisie meer het, soos talle ander landsburgers nie.