Reuse aanslag op rekenaars uitgevoer

Rekenaardeskundiges het bepaal dat ’n tweede virusaanval regoor die wêreld uitgevoer is wat honderde duisende rekenaars besmet het.

Die kuberkrakers het hierdie keer hoofsaaklik op die Verenigde State gekonsentreer maar ander wêrelddele is ook geraak.

Deskundiges sê die aanslag het hoofsaaklik ten doel om die “virtuele geld” as betaling vir herstel van die rekenaar te bekom.

Die eienaars van rekenaars word vermaan en gewaarsku om geen vreemde afsender se e-posse oop te maak nie, al lyk dit asof dit ’n onskuldige e-pos is.

Verlede Vrydag het “WannaCry” die wêreld getref, en nou het “Adylkuzz” met dieselfde aggressie toegeslaan.

Die nuwe virus word “gedryf” deur rekenaar gereedskap wat die krakers aanwend en bekom is van die “VSA Geheime Diens” en deur Microsoft gedra word.

Die deskundiges beweer blykbaar dat die kapers reeds geld, soortgelyk aan “Bitcoin” betalings ter waarde van miljoene dollar het, en waarskynlik nog groot bedrae gaan invorder.