Ramaphosa se veldtog aan die gang

Die wedloop om Jacob Zuma op te volg as ANC leier, is besig om rigting te kry en Cyril Ramaphosa se veldtog is besig om momentum op te bou teen Nkosazana Dlamini-Zuma.

Die linkervleuel van die ANC, by name die SAKP en Cosatu, het hul steun aan Ramaphosa bevestig, en Dlamini-Zuma se steun van die ANC Vroueliga en Jeugliga beteken slegs 10% van die stemme van die stem kollege.

‘n Politieke ontleder meld dat die invloed van die Gupta broers ook nie buite rekening gehou kan word nie, aangesien hulle kan baat by ‘n kandidaat wat “vatbaar” is vir monetêre vergoeding.

Intussen het Mathews Phosa ook weer bevestig dat hy beskikbaar is vir die pos as hy genomineer sou word.