Picasso skildery verkoop vir $45 miljoen

Een van Picasso se mees beroemde portrette, bekend as “Vrou in Blou Rok”, is verkoop vir $45 miljoen op ’n veiling.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was die Picasso werk gekonfiskeer deur die Duitsers maar later teruggewen deur die Franse weerstandbeweging.

Die veiling wat Maandagaand in New York gehou is deur die wêreldbekende Christie Afslaers, het die uiteindelike prys vir die portret bekend gemaak.

Die kunstenaar het die beroemde werk in 1939 geskilder op sy 58ste verjaarsdag en word beskou as een van sy mees bekende werke vanweë die skildery se omswerwinge van jare gelede.

Die skildery het oorspronklik behoort aan Paul Rosenberg, ’n vriend van Picasso, maar die stuk is in 1940 deur die Duitsers in beslag geneem.