Oostenryk verbied Moslem boerka

In Oostenryk word die verbod streng toegepas ingevolge die wet wat bepaal dat vroue nie hulle gesigte volledig mag bedek soos met ’n boerka wat deur Moslems gedra word nie.

Die verbod op die dra van ’n boerka is ’n onderdeel van die wet wat die dra van kledingstukke reguleer en meer spesifiek oor hooftooisels handel.

Die konsep wetgewing is Dinsdagaand deur die Oostenrykse parlement goedgekeur.

Oostenryk het aangekondig dat ’n vervroegde algemene verkiesing in Oktober gehou word wat aanvanklik geskeduleer is vir 2018, maar weens die verdeeldheid in die koalisieregering, vervroeg moes word om kalmte te herstel.

Die nuwe wet bepaal dat ’n persoon met 150 euro beboet kan word as die hoofbedekking gedra word in die openbaar, en sluit in dat die bedekking nie by universiteite gedra mag word nie.

Die konserwatiewe Volksparty het gesê hulle maak beswaar omdat die wet nie ver genoeg gaan met die verbod nie.

Die regering het ook ’n bepaling ingebring dat oortreders wat beboet word weens die dra van sulke hoofbedekkings, benewens die boete ook gemeenskapsdiens moet verrig ten einde hulle voor te berei om ander werk in Oostenryk te doen.