Ondersoek na Trump optrede oor FBI

Talle bewerings oor die Amerikaanse president, Donald Trump, se onaanvaarbare optrede met betrekking tot die FBI, gaan waarskynlik lei tot ’n behoorlike ondersoek.

Die Huis van Afgevaardigdes se Oorsig Komitee sal met ’n ondersoek begin, en die voorsitter wil vasstel of die president probeer het om obstruksies te lê in die FBI se ondersoek oor die beweerde skakeling met Rusland tydens die verkiesingsveldtog.

Die Republikeinse voorsitter, Jason Chaffetz, het per brief aan die FBI die versoek gerig dat alle kommunikasiemiddele wat beskikbaar is oor die aangeleentheid, binne enkele dae aan die komitee beskikbaar te stel.

Die aanvraag volg kort nadat die voormalige hoof van die FBI, wat deur president Trump afgedank is, openbaar het dat die president hom gevra het om die ondersoek na voormalige adviseur, Michael Flynn, te staak.

Chaffetz versoek die FBI om alle dokumentasie en stemopnames tussen die FBI direkteur, James Comey, en president Trump onverwyld in te handig by die Komitee.

Onbevestigde berigte lui dat ’n aantal Republikeinse afgevaardigdes besig is om te mobiliseer ten einde die president te ondersteun indien enige aanvalle op hom gemaak gaan word oor die aflegging van James Comey as direkteur van die FBI.

Foto – Jason Chaffetz