Lekker goue handdruk vir uitgestemde raadslede

Munisipale raadslede wat deur die kiesers verwerp en uitgestem is tydens verlede jaar se plaaslike regeringsverkiesing, huil nie te veel daaroor nie.

Dit blyk dat dié raadlede, wat nie langer deur kiesers ondersteun is nie, waarskynlik omdat hulle nie hulle werk gedoen het nie, is beloon met ‘n lekker goue handdruk van R260 miljoen.

Die syfer is bekend gemaak deur Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

Die bedrag word deur ongeveer 5 000 voormalige raadslede gedeel, wat beteken ‘n gemiddeld van R52 000 per raadslid.