Kerkstraatbom herdenk

‘n Kranslegging vind weer plaas by die Poyntongebou in Kerkstraat in Pretoria.

Dit is die plek waar op 20 Mei 1983 ‘n kragtige bom ontplof het en gelei het tot die dood en besering van talle mense.

Die bom was deel van die ANC se “struggle” en was een van die redes waarom dié beweging destyds as ‘n terroristebeweging verban was.

Nelson Mandela het vanuit die tronk aangedui dat hy sy ondersteuning vir die beplanning van die bomontploffing gegee het.

Die Nasionaal Konserwatiewe Party (NKP)het in 2016 ‘n gedenksteen daar opgerig en wil die kranslegging ‘n jaarlikse instelling maak.

Die leier van NKP, mnr. Willie Cloete, het volksgenote uitgenooi om die verrigtinge by te woon op Saterdag 20 Mei om 09:00 in Kerkstraat, Pretoria.