Hof bevind Ntlemeza permanent ongeskik

Die hooggeregshof in Pretoria het  vroeëre bevindings  van onbevoegdheid teen luitenant-generaal Berning Ntlemeza herbevestig.

Ntlemeza was waarnemende hoof van die Valke, en die jongste uitspraak maak hom permanent ongeskik vir aanstelling as hoof van die Valke.

Sy oneerlikheid en gebrek aan integriteit maak hom nie geskik vir die pos nie, aldus regter Mphahlele.  Die regter het ook bevind dat Ntlemeza se aansoek om dringendheid ongegrond was, en het hom daarom aanspreeklik gehou vir ide koste van die saak.

Dit is nog onduidelik of hy persoonlik vir die koste sal moet instaan, en of belastingbetalers weer daarvoor sal moet opdok.

Beide die polisie en die Valke sukkel met base wat nie die pos kan beklee nie weens onbevoegdheid of ongerymdhede, terwyl hierdie aanstellings deur die regering gedoen word.