Hillary Clinton stig politieke beweging

Die Demokratiese party se presidentskandidaat in Amerika, Hillary Clinton is vasbeslote om weerwraak te neem teen president Donald Trump, en het daarom reeds begin om gereed te maak vir die volgende Amerikaanse presidentsverkiesing.

Sy het klaarblyklik die patroon begin volg wat deur president Emmanuel Macron van Frankryk toegepas is deur weg te beweeg van die tradisionele politieke strukture, en ’n nuwe beweging gestig.

Die beweging, “Onward Together” sal ondersteuning bied aan politieke aktiviste en het reeds ’n webblad geopen om teen president Trump te veg deur “veranderings in die politieke omgewing” te vestig.

Politieke ontleders sê die linkse Demokraat, Hillary Clinton, kon nog nie die vernederende nederlaag van ’n paar maande gele verwerk nie, en haar vete teen Trump grens aan ’n haatveldtog.

Waarnemers meen egter dat Clinton so ’n groot ideaal het wat haar dryf omdat sy die Eerste Burger van Amerika wil word want sy wil drie dinge bereik, naamlik om die eerste vrou te wees wat as Amerikaanse president verkies word, en die eerste vrou wat die Wit Huis vir ’n tweede keer betrek, maar sy wil ook die wraak laat seëvier deur Trump te verslaan.

Clinton het die verkiesing teen Trump verloor te midde van haar 3 miljoen stemme meer as wat Trump gekry het.

Trump se span het gesorg dat hy in die deelstate wen waar die meeste afgevaardigdes van toepassing is.