Het 1994 werklik bloedbad voorkom?

Op dieselfde dag dat Coligny weer die teiken word van swart rassiste wat blanke wonings en plase aanval en afbrand, verklaar FW de Klerk dat as hy en sy kornuite nie die pad sou gevolg het wat hulle sedert 1990 wel gevolg het nie, die land in ‘n bloedbad sou verval het.

Sy woorde was die oggend skaars koud op die ANC se openbare uitsaaier, of barbare val ‘n plaas net buite Coligny aan en steek hom aan die brand, terwyl ander blankes in die dorp ook aangeval of ernstig gedreig word.

In Durban breek die hel los in verskeie sogenaamde informele nedersettings, met paaie wat versper word, dit nadat die Hillview skool die nag tevore twee klaskamers in ‘n brand verloor het – ‘n brand wat gestig is omdat die gemeenskap kwaad was vir iets soos die kat wat kleintjies gekry het. Dit is mos deesdae skynbaar genoeg rede om skole af te brand en kinders van opleiding te beroof…

‘n Soortgelyke hel het losgebars in die suidelike dele van Johannesburg, naamlik Lenasia‚ Eldorado Park‚ Ennerdale en Freedom Park.

Intussen word sowat 52 mense daagliks in Suid-Afrika vermoor. Die aantal boere wat reeds sedert De Klerk se Swart Vrydag toespraak vermoor is, begin raak aan 2 000. Sowat 17 000 mense sterf jaarliks op die land se paaie, omdat veral taxi’s hulle afvee aan padreëls en verkies om met wrakke te ry wat wag vir ‘n ongeluk wat menselewens gaan kos.

Watse bloedbad dink mnr. De Klerk het hy met sy oorgawe verhoed?

Soms is ‘n kort maar hewig konflik baie meer wenslik as hierdie uitgerekte oorlog wat niemand ‘n oorlog durf noem nie, want dan geld ander reëls.

Die feit is egter dat Suid-Afrika in ‘n staat van oorlog verkeer en dat die aanslag met die dag verhewig. Dit is nie eens meer ‘n onverklaarde oorlog nie, want die oproep tot radikale transformasie is oorlogsverklarings genoeg! Dit is ‘n rasse-oorlog, wat selfs De Klerk, Mbeki en Motlanthe se nuwe dialoog nie kan verhoed nie, want hulle almal se sogenaamde nie-rassigheid was van die begin af ‘n politieke drogbeeld wat hulle saam met hulle linkse mediavennote aan die publiek verkwansel het in ruil vir ‘n Nobelprys.

Die enigste wetsgehoorsames in die land, is tans juis die wit bevolking, wat nie elke keer huise brand en drankwinkels beroof as een van hulle boere, bejaardes of kinders vermoor word nie. Sou daar nog iets van die land oor gewees het as hulle tekere moes gegaan het soos wat in Coligny gebeur het?

Dit is die wit gemeenskap van die land wat hulle neerlê by hofbeslissings, al is hulle soms byna ooglopend bevooroordeeld teen die Afrikaner in hulle uitsprake. Maar in Coligny geld die boendoehof buite die hof, waar die boendoehof besluit om ‘n onbetrokke boer se plaas af te brand, omdat hulle nie van die hofbeslissing gehou het nie.

Kom dit nie maar in wese neer op minagting van die hof nie? Dit is in wese minagting van die laaste oorblyfsels wat eens ‘n beskawing en ‘n ligpunt in en vir Afrika genoem is.

Die kernvraag is egter hoe lank ons Afrikaners en ander blankes, hierdie optrede teen ons verder gaan duld?

Vergaderings met die polisie, van nasionale tot plaaslike vlak, lewer niks op nie. Gemeenskapsforums val net so rassisties uitmekaar as wat nasionaal waarneembaar is. Die polsie is in talle gevalle openlik anti blank, weier om hulle te help en weier om sake teen hulle misdadige kamerade te aanvaar. Reg en geregtigheid geld nie meer as jou velkleur te lig is in die land.

De Klerk en Kie se nuwe dialoog gaan niks verander nie. As die politieke oumanne nie huis toe gegaan het om betyds te wees vir hulle middagslapie nie, sou hulle net so vernederend deur die EFF weggejaag gewees het as wat Zuma in Bloemfontein te beurt geval het. Dit word al hoe meer en al hoe duideliker gestel: blankes het geen regte meer in Suid-Afrika nie.

Dus ook nie die reg op lewe nie. Nou is die vraag wat ons gaan doen om daardie basiese reg op lewe te beskerm. Dit wil voorkom of dit met steeds meer stryd sal moet plaasvind. Maar presies hoeveel stryd en die aard daarvan, sal vir ons bepaal word deur die ANC, EFF, SAKP en hulle ander geesgenote: tot welke mate hulle hul woorde in dade gaan omsit.

Coligny bewys dat hulle skynbaar dade by hulle woorde voeg. Wat gaan ons dade wees?