Graad 2 dogter verkrag deur graad 7’s

Drie graad sewe leerlinge het na bewering ‘n graad 2 meisie verkrag by ‘n laerskool in Randburg.  Die insident het op die skool terrein plaasgevind.

Die polisie en die departement van onderwys het die voorval bevestig maar die name, en selfs belangriker, die ouderdomme van die seuns is nie gemeld nie.

Prof. Elda de Waal van Potchefstroom Universiteit het gesê dat navorsing toon dat graad 7 seuns al hoe meer eksperimenteer met jonger kinders, en die probleem is dat baie graad 7 kinders nie meer 12 of 13 jaar oud is nie maar dikwels veel ouer.

Onderwyskenners wys daarop dat dit die resultaat is van die geïntegreerde onderwysstelsel waar uiteenlopende kulture met uiteenlopende waardes, saam in dieselfde skool is. “Ouers moet besef dat hulself verantwoording sal moet doen vir hul onbesonne besluit om hul kind(ers) in ‘n skool te plaas waar hul blootgestel word aan kinders wat vanuit ‘n ander kultuur agtergrond kom wat ander waarde en norme het as die van veral die Afrikaner,” was een kenner se kommentaar aan Die Vryburger.