Geen nagevolge oor geklassifiseerde inligting

Die ophef wat die linkse media gemaak het oor geklassifiseerde inligting wat president Donald Trump van Amerika aan ’n afvaardiging van Rusland gegee het, kan geen nadelige nagevolge inhou nie.

Minister Jim Mattis het verslaggewers ingelig oor die feit dat president Trump geklassifiseerde inligting aan die Russiese minister van buitelandse sake verstrek het, en gesê die inligting het nie eers by hom opgekom om dit aan bondgenote oor te dra nie.

Politieke ontleders meen die inligting, wat klaarblyklik vanaf Israel bekom is oor die Islamitiese Staat terroriste, is van belang vir almal wat die terroriste beveg, en kan kwalik as geklassifiseerde inligting beskou word.

Die verlinkse CNN het ’n reuse ophef gemaak van die saak en sogenaamde kenners nader getrek om te reageer op die voorval.

In Europa het koerante soos “De Morgen” in België ook ’n poging aangewend om Trump te kritiseer, maar dit is duidelik dat die koerant sy inligting heelwaarskynlik van CNN bekom het.

Foto – Minister Jim Mattis