Geen Afrika advokate vir Hlaudi, SAUK?

In die tugverhoor van voormalige SABC-baas, Hlaudi Motsoeneng, is die afwesigheid van Afrika-advokate aan beide kante opvallend.

Die voorsitter van die tugverhoor is  adv. Nazeem Cassim SC.  Die SABC word egter verteenwoordig deur adv. Anton Myburgh, terwyl adv, Andy Bester namens Motsoeneng optree.

Intussen wil dit voorkom dat Motsoeneng van die voorsittende beampte ook ontslae wil raak, maar dit is nie seker of hy daarin sal slaag nie.

Motsoeneng het intussen ‘n aansoek by die KVBA (Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie) ingedien in ‘n poging om die tugverhoor te stop.

Die tugverhoor is tot Woensdag uitgestel.

Foto: Hlaudi Motsoeneng