Facebook kry boete van miljoene euro

Facebook het ’n boete van sowat 110 miljoen euro gekry vir beweerde misleiding van die Europese Kommissie en gebruikers ten onregte van Whatsapp.

Die Amerikaanse tegnologie reus het beloof om gebruikers se gegewens van die twee dienste nie aan mekaar te koppel nie, maar het glo die ooreenkoms verbreek.

’n Duitse regter was op die bank en het klaarblyklik nie veel simpatie getoon teenoor die ekonomiese reus nie.

Die Europese Kommissie het die data van Facebook beskou as foutiewe inligting of misleidende besonderhede wat verstrek is.

Deskundiges meen die  boete wat opgelê is ten bedrae van 110 miljoen euro, is swaarder as wat algemeen verwag is.