Die waarheid is nodig

Die twee boerseuns wat daarvan aangekla word dat hulle ’n 15 jarige swarte van die bewegende bakkie afgegooi het, terwyl hy klaarblyklik afgespring het uit vrees dat die polisie hom sal toesluit, verdien minstens ’n verhoor waar reg en geregtigheid sal seëvier.

En dit is eintlik eenvoudig: Die sogenaamde ooggetuie wat glo gesien het die twee blankes het hom uit die bewegende voertuig gegooi, moet maar ’n toets ondergaan met ’n leuenverklikker.

Waarom al die koste van hofsake terwyl die waarheid maklik vasgestel kan word!, of benodig die Ruwe Suid-Afrika nie meer die waarheid nie?

Gerrie de Bruin