Boikot maak Spur seer

Nadat die restaurantgroep, Spur, ‘n aanrandingsaak teen ‘n wit kind verkeerd hanteer het en daarvan ‘n rasse-aangeleentheid gemaak het, het veral blankes in groot getalle begin om uit protes nie meer daar te eet nie.

Dit het daartoe gely dat die grootbaas van die groep nou moet erken dat die boikot hom seer maak, en dat dit selfs daartoe kan lei dat van die restaurante kan toemaak en mense gevolglik hulle werk kan verloor.

In plaas daarvan om die blanke gemeenskap om verskoning te vra vir sy verkeerde hantering, is die grootbaas van die groep, Pierre van Tonder, uitdagend en sê mense moet eerder op hom pik as op die restaurant.

Tydens die gewraakte voorval, het ‘n groterige swart seun ‘n klein blanke meisie aangerand, en toe die meisie se pa die seun se ma bloot gaan vra om haar seun te beheer, het sy begin skree en skel. Spur het haar kant geneem en die blanke man verbied om weer sy voete in die groep se restaurante te sit.

Daarop het blankes met hulle voete gestem, en Van Tonter moes erken dat hulle reeds miljoene rande se skade gelei het as gevolg van die boikot.

Intussen het Die Vryburger verneem dat die Spur in Nigel sy deure gesluit het en dat 30 hoofsaaklik swart werknemers, hulle werk verloor het.