Baie ANC parlementslede wil Zuma wegkry

Die omstrede president Jacob Zuma se ongewildheid is steeds aan die toeneem, en gerugte sweef rond dat al hoe meer ANC politici sy kop eis.

Dit blyk asof die president in is vir ’n verrassing as die Grondwethof sou besluit dat die stemming in die parlement geslote moet wees.

Jacob Zuma staar ’n mosie van wantroue in die gesig, en kan daar bedroë van afkom as die hof sou bevind dat ’n geheime stemming wel nodig is.

Verskeie ANC parlementslede het glo aan “Cape Times” se suster koerant, “The Star” te kenne gegee dat hulle saam met die opposisie partye sal stem in ’n geheime stemming.

Die opmerkings van parlementslede kom te midde van die ANC se partyleiding om ten gunste van Zuma te stem en nie vir opposisie partye te steun nie.

Politieke waarnemers meen egter dat ’n Mosie van Wantroue nie noodwendig Zuma se tyd as president beëindig nie, en al sou dit wees, word ’n ander ANC die president, wat nie juis ’n verbetering beteken nie.

Die moontlikheid bestaan dat sy wens bewaarheid kan word met Nkosazana Dlamini-Zuma as opvolger, wat ’n verdere terugslag vir Suid-Afrika kan beteken.

Foto – Suid-Afrika se president