Australië se grootste kat gons in media

In Australië is ’n drie jaar oue kat as die langste kat in die land gereken, want die kietsie is 120 cm lank van sy neus se punt tot sy pragtige stert se punt.

Om alles te kroon weeg die kat 14 kilogram, en ondervind die huisvrou reeds moeite om haar katjie rond te dra.

Omar is beslis nie ’n gewone kat nie, en sy groot lyf maak hom nie anders as ander katte nie, al is hy drie keer so swaar as ’n gewone huiskat.

Die sosiale netwerk gons oor die kat en tientalle kat eienaars het in Australië gereageer en erken dat hulle groot katte nie naastenby so lank en swaar is as Omar nie.

Tans is daar sowat 8 miljoen mense wat die eienaar, Stephy Hirst, se kat storie volg op die sosiale netwerk.

Die wêreld se langste kat is in die Verenigde Koninkryk en is net meer as 118 cm lank. Die eienaar wil noudat Omar “amptelik” gemeet en geweeg word, in ’n poging om die katjie bo aan op die lys te kry.