As diefstal: misdaad of satanisme?

Voorheen was begraafplase geteiken deur misdadigers. Volgens ʼn lid van die polisie word die as van afgestorwenes, wat by krematoriums en begraafplase bewaar word, nou geroof.

Die misdadigers meng die as met ander stowwe as middel om te rook. Dit is blykbaar die nuwe  “Njope”.

Die dokumentêre inligting is skielik verwyder toe Die Vryburger verdere ondersoek wou instel. Die vraag kan dus gestel word of die inligting toegesmeer word weens die openbare reaksie wat dit kan ontlok.