Aardskudding in Wes-Transvaal

Inwoners in die Klerksdorp omgewing is skuins voor vier uur vanoggend gewek deur ‘n goed voelbare aardskudding.

Die skudding was vir verskeie sekondes voelbaar.

Tot dusver is nog geen verdere besonderhede bekend van hoe sterk die skudding was, waar die sentrum daarvan was en hoe ver dit gevoel is nie.