Zoeloe koning kry R58 miljoen in 2017

Ten spyte van wanbesteding en verantwoordbaarheid teenoor die Natalse premier gaan die koningshuis in die volgende boekjaar R58,8 miljoen ontvang, wat ongeveer R10 miljoen meer is as die vorige jaar.

Die sogenaamde Koninklike Huishouding Trust was veronderstel om fondse vir die koning te help invorder, maar het dit nie gedoen nie.

Van die grond onder die beheer van die koning moes ook gekommersialiseer word vir beter produksie en opbrengs, maar ook daarvan het dadels gekom.

Die Natalse premier, onder wie die koninklike trust val, het sy kommer oor die situasie uitgespreek, en is daarin deur die IVP ondersteun. Desnieteenstaande het hy die begroting vir die Zoeloekoning drasties verhoog op belastingbetalers se koste.

Foto: Die Zoeloekoning met ‘n aantal van sy vroue