Wêreld Nuusflitse – 19 April

 

Frankryk

Sowat sestig linkse kiesers het probeer om Marine Le Pen se byeenkoms in Parys te ontwrig, maar is deur die polisie met traanrook van die toneel verwyder waar duisende ondersteuners na haar boodskap kon luister.

 

VSA

Die Amerikaanse president, Donald Trump, is een van die weinige staatshoofde wat die Turkse president telefonies gelukgewens het met sy oorwinning en gevra dat die twee lande saam teen terroriste en president Assad van Sirië moet optree.

 

Iran

Vroue het ’n eie kandidaat gestel vir die komende verkiesing om die vroueregte te bevorder wat tans op politieke gebied geen ondersteuning geniet nie.

 

Paraguay

Die president van Paraguay, Horacio Cartes, het aangekondig dat hy nie beskikbaar is as kandidaat vir die komende presidentsverkiesing nie, en dit word toegeskryf aan die massa optogte wat gehou is en daartoe gelei het dat die parlementsgebou aan die brand gesteek is.