Vreemde bedmaats in Freedom Movement

Op Oorgawedag, 27 April, gaan die vakbond Solidariteit by die sogenaamde Vryheidsmonument in Pretoria, aansit saam met die EFF, Cope, DA, UDM , Fedusa en die seën van Desmond Tutu wanneer die nuutgestigte Freedom Movement sy eerste byeenkoms hou.

Die politieke kommentator, Prince Mashele, is ook deel daarvan, en hy, Mmusi Maimane en Bantu Holomisa maak skynbaar die leierskap van die beweging uit.

Hulle verklaarde doelwit is om Zuma uit sy kantoor te kry.