Talle plaasaanvalle oor feestyd dalk EFF werk?

Minstens veertien plaasaanvalle waarvan kennis gedra word, het tot dusver sedert 6 April plaasgevind.

6 April was die dag wat deur die EFF geteiken was vir grootskaalse plaasbesettings.

Alhoewel daar van die besettings nie veel gekom het nie, meen waarnemers dat die verhoogde aanvalle op plase sedert daardie datum heel waarskynlik in verband met die EFF se revolusionêre oproep staan.

Oor die Paasnaweek tot dusver, het vyf plaasaanvalle plaasgevind.

Die aanvalle het oor ‘n wye gebied voorgekom, van Natal, oor Oos-Transvaal, Noord-Transvaal tot in Wes-Transvaal, terwyl ‘n aanval ook naby Bloemfontein uitgevoer is.

In die Cullinan-gebied, oos van Pretoria, was daar weer twee aanvalle. In een voorval is die boer doodgeslaan en in die ander geval is ‘n egpaar vasgebind, aangerand en beroof.  Die Cullinan distrik het op ‘n stadium erg deurgeloop, maar het daarna stiller geword. Inwoners vrees ‘n hernude oplewing van plaasaanvalle in die gebied na die jongste voorvalle.