Swart Wits studente betoog alweer

‘n Beroep is op studente gedoen by Wits universiteit om op te hou buitebande brand en eerder om die tafel te kom sit met bestuur as daar griewe is.

Klagtes oor die nuwe Yale Village residensie gaan oor beperkte wifi ontvangs en onvoldoende skoonmaak fasiliteite vir die aantal studente.

Die gebou is 400 meter van die kampus maar studente eis busvervoer op ‘n gereelde basis.

Die betogende studente het weer die ou gesang begin dat die Universiteit onregeerbaar gemaak sal word indien daar nie toegegee word aan hul eise nie.

Opmerklik is dat geen van die eise iets te doen het met dit waaroor dit gaan op ‘n universiteit nie, naamlik om te studeer. Nou tree egter weer skielik Winnie Mandela se buiteband brandkultuur op die voorgrond.