Sjina en Rusland speel saam in VN

Die moontlikheid dat Sjina en Rusland saamspeel en die Verenigde Nasies se resolusie geblokkeer het, toon duidelik dat die kommuniste steeds mekaar die hand reik wanneer nodig.

In die pas afgelope vergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, het Rusland teen die veroordeling van Noord-Korea se kernwapen program gestem en so die resolusie geblokkeer.

Sjina, wat beskou word as Noord-Korea se enigste werklike bondgenoot, het egter ten gunste van veroordeling gestem, wat aandui dat die twee groot moondhede met slim voetwerk besig is om die kommuniste van Korea te beskerm teen groter internasionale sanksies.

Die optrede van Rusland kan gesien word as ’n vergeldingsmaatreël teen Amerika, wat die ontwerp resolusie ingedien het by die Veiligheidsraad.

Rusland het aangevoer dat die veroordeling eers gelaat moet word en dat die eerste stap behoort te wees dat dialoog gevoer word met Noord-Korea.

Diplomate het later hul verbasing uitgespreek vir die optrede van Rusland en gesê dit is vreemd dat die teksgedeelte van die resolusie Rusland daartoe gebring het om dit te veto.

Kenners wys daarop dat Rusland se optrede ook beskerming bied aan Sjina, wat die grootste handelsvennoot van Noord-Korea is, en wat nie graag die miljarde dollar se uitvoer na die land wil prysgee as wyer sanksies van toepassing word nie.

Die Amerikaanse ambassadeur in die VN, Nikki Haley, het beklemtoon dat Amerika geen konfrontasie met Noord-Korea soek nie, maar wil sien dat vrede gehandhaaf word.