Rommelstatus tref die motorbedryf

Die afgradering van die land se ekonomie na rommelstatus is reeds besig om sy merk te maak in die motorbedryf.

Toegang tot krediet, die verswakking van die rand, asook inflasie en dalk hoër rentekoerse, beteken dat verbruikers minder geld het om te spandeer en dat hul maar langer met hul voertuie sal moet klaarkom voordat dit vervang kan word.

Dit is die mening van Derick de Vries, hoofuitvoerende beampte van Auto Information Solutions.

Meer as 70% van nuwe voertuie word tans ingevoer en die verswakking van die rand sal tot buitengewone verhoging in motorpryse lei.

Uiteindelik sal dit nog net amptenare en ministers wees wat duur nuwe voertuie kan bekostig op koste van die belastingbetalers.