Republikein Fillon vertoon al sterker

Die kandidaat van die Republikeine in Frankryk, François Fillon, het te midde van verskeie pogings om hom te diskrediteer met talle aantygings, tot almal se verbasing die afgelope week aansienlik meer steun gekry van kiesers.

Fillon, wat onder Republikeine bekend staan as ’n patriot, konserwatief, eerbaar en dinamies, is deur die linkse media verguis gedurende die verkiesingsveldtog, en het sy steun op ’n stadium so laag gedaal dat Republikeine gevra het hy moet terugstaan as presidentskandidaat.

Van verhoog tot verhoog het Francois Fillon teruggeveg en geleidelik van ’n skrale 13% steun, terug gekom na 21% steun, wat hom ’n uitstekende kans bied om die sosialis Emmanuel Macron te kan uitskakel vir die tweede rondte van die verkiesing.

Die media het egter kennis geneem van sy verbete stryd waarmee hy sukses behaal het om kiesers te oortuig dat hy niks verkeerd gedoen het nie, en sal waarskynlik nou weer die krane teen hom oopdraai.

Of dit op hierdie stadium nie te laat is om teen Marine Le Pen te staan te kom in die Mei verkiesing nie, sal die uitkoms van die eerste rondte se resultate eers hierdie naweek bepaal.

Foto – Francois Fillon