Ramaphosa verdedig radikale transformasie

Vir diegene wat hulle hoop gevestig het op die sogenaamde kapitalis van die ANC, Cyril Ramaphosa, is waarskynlik erg ontnugter na sy verdediging van sy baas Zuma se radikale ekonomiese transformasie.

Hy het die Black Business Council (BBC) se dinee in die uiters luukse en peperduur Hilton-hotel in Sandton toegespreek, en gesê radikale transformasie van die ekonomie gaan gebeur, of mense daarvan hou of nie.

Volens Ramaphosa beteken radikale ekonomiese transformasie die vinnige, dringende verandering aan die ekonomie. Dit sluit in die transformasie van eienaarskapspatrone en die hervorming van grond. In dié verband sê hy die Grondwet praat van “regverdige en billike” vergoeding vir grond en nie na die markwaarde nie.