Plaasmoord op Wepener

Alhoewel daar nog min besonderhede bekend is, het die polisie bevestig dat ‘n boer in sy veertigs en ‘n huiswerker in haar vyftigs op ‘n plaas in die Wepener distrik in die Vrystaat vermoor is.

Die boer was vermoedelik nie tuis nie maar is daarheen ontbied.

Die huis was in chaos en kaste, klere en kluise was oop en uitgegooi maar dit is nie seker wat vermis is nie. Dit wil egter voorkom of daar na iets besonders gesoek is.

Die ondersoek duur voort.