Paasnaweek eis weer padslagoffers

Soos met elke Paasnaweek was daar weer talle padsterftes.

Alhoewel die finale statistiek eers later die week beskikbaar sal kom, is reeds 105 padsterftes die naweek bevestig. Tweegroot ongelukke, in die Kaap en Natal, het die syfer opgejaag.

Dit wil voorkom of busse en vragmotors die sondebokke is, terwyl taxi’s en roekelose motorbestuurders die groot sondebokke is.

‘n Aantal mense is gearresteer vir hoë snelheid, terwyl ‘n aantal dronkbestuurders ook die agterkant van tralies leer ken het.

Onpadwaardige voertuie, bestuurders sonder lisensies en mense wat hulle nie aan padreëls hou nie, veroorsaak dikwels frustrasies vir ander motoriste, wat dan ongeduldig word.