Op die volksakker – die doodsklok vir wet en orde?

In die afloop van 7 April het dit gegons oor die “solidariteit onder die nasie”, en die “populêre front” teen die naakte korrupsie en nepotisme van Jacob Zuma.

Verstaanbaar probeer elke politieke party en meningsvormer maksimum munt slaan uit wat hulle optimisties beskryf as bewys van nasiebou, as “people power”.

In die sosiale media speel ´n dag-tot-dag tragedie hom af voor ons oë: skynbaar weldenkende mense swymel in die euforie vir hierdie gronddeining van eenheid teen vergrype; die “demokrasie groei” en mense mymer bykans biddend vir ´n “leier in die statuur van Mandela”. (Dit volg op verskeie berigte en foto’s van klaarblyklike gebedskringe rondom Mandela-standbeelde.)

In hierdie storm is daar wél enkele stemme wat ons oproep om uit ons resente geskiedenis te leer: om ´n land deur massa-aksie onregeerbaar te maak, is om roekeloos oor die rand van ´n duiselingwekkende afgrond te duik.  Die énigste resultaat is meer anargie!

Dit het dus des te belangriker geword dat ons die stem van gesonde verstand sal laat hoor, dat ons ons jonger geslag die lesse sal laat leer uit óns wedervaringe van die 1980’s.

Ons moet hierdie enkele stemme help uitstaan bo die daggawalm euforie wat die politici en vakbondleiers skaamteloos aanblaas, wat mense wil oortuig die fout is bloot beperk tot Jacob Zuma.

WAT IS DIE FEITE?

Mandela was ´n lewenslange geweldenaar wat ter wille van politieke mag doodslag en verminking op ongekende skaal ontketen het. Onder hom is aandelestroping, institusionele werkplek diskriminasie en grondwetlik beskermde rassisme geloods.

Mbeki was die strateeg wat ANC-terreur in 1981/82 herfokus het na ons kinders en vroue – die voorloper van vandag se sistematiese, lae-intensiteit volksmoord;

hy was die argitek van “onregeerbaarheid” wat vergrype soos “necklacing”, steniging en bloedige doodslag alledaagse beelde gemaak het regdeur die tagtigerjare.

Hy het die rasgedrewe vergrype van die Mandela-era tot nuwe hoogtes van institusionele verskansing gevoer en die wapenbedrog het onder sy leierskap ontplooi – bedrog waaraan ons steeds betaal en waarin meeste ANC-ringkoppe gedeel het.

Zuma is bloot die simptoom van individualistiese vergryp: sy verwydering gaan nie die inherente haat, plunderlus en korrupsie van die ANC-establishment verander nie – dit is immers die teelaarde wat Zuma uitgebroei en op die land losgelaat het.

Die besware uit ANC-kring is kosmeties en ´n weldeurdagte draaiboek.

WAT IS DIE BEWYS VAN HIERDIE KRITIEK?

Wie die gedienstige pers ignoreer en luister na stemme uit die massa, sal reeds die nuwe golf swart-op-blank haat sien vorm in die massa-nasie.

Aartspolitikus Zuma het flink die raskaart gespeel, en ons merk reeds die verskuiwing van swart sentiment. Daar is toenemende openheid in anti-blank dreigemente teen diegene wat hardwerkend voortstoei met hulle daaglikse werk, eerder as om in anargie op te gaan.

Die burgemeester van die Oos-Rand rig openlik rassistiese dreigemente aan blankes – straffeloos!

Ramaphosa en ander in sy kring begin hul anti-Zuma kritiek afskaal met verbintenisse aan “radikale transformasie” en selfs verloopte akademici begin toegee dat die ANC en sy bondgenote in staat is om enige vergryp te wettig!

Die leë beloftes van De Klerk, Meyer en hul mede volksverraaiers raak (ongelukkig ´n kwarteeu te laat) toenemend werklikheid.

Deel van die tragedie vandag is dat mense in een sin hierdie sal toegee, maar dan hardkoppig die mantra van “groeiende demokrasie” sal herhaal.

Maar meer in ons eie dampkring begin, of volhard, met pasifistiese paaipolitiek. Ons verneem dat ons moet swart boere, swart sakemanne en swart kollegas by die werk net help sterk maak – dit is kwansuis in almal se belang.

Hierdie blinde naïewiteit gaan ons niks loon nie!  Dit verwater bloot ons oorlewingsopsies.

Ons volk het nog nooit ander onderdruk nie: daar is dus geen rede vir enige vorm van restitusie (soos die massa eis) of volgehoue saamdra (soos pasifiste eis) nie.

Ons volk mag en móét saamstaan op die beginsel van VOLKSEIE-EERSTE.

Soos die vele swart belangegroepe moet ons ons plek opeis sonder verskoning, sonder kruiperige verontskuldiging!  Natuurlik moet ons ewe sterk enige rassisme in eie kring afkeur en aanhangers uitwerp.  Rasse hoogmoed is inderdaad ´n nalatenskap van Britse kolonialisme en vreemd aan ons volk se wese.

Dit is in ons huidige omstandighede sekerlik uitdagend om alleen te staan teen soveel openbare druk.  Veral omdat ons sonder twyfel die verwydering van ´n onderdrukkende en plunderende regime, wat almal verarm, wil bespoedig. Nogtans word reg en waarheid nooit deur getalle bepaal nie – dit is wérklik objektief.

So kort na 6 April, gedagtig aan ons edel herkoms, is dit dwingend noodsaaklik om nie net te vra ‘Afrikaner, quo vadis?’ nie, maar ag te slaan op die antwoord!