Onsekerheid dalk rede vir selfmoord onder boere

Die effek van die knellende droogte, saam met die misdaad op plase, die tekort aan finansiële ondersteuning en onsekerheid oor die regering se grondbeleid, veroorsaak enorme spanning vir boere.

Dis die reaksie van genl. Chris van Zyl, assistent hoofbestuurder van TLU SA, nadat die lewensversekeraar Liberty aangekondig het dat hy ‘n 20% toename in selfmoord onder boere bespeur sedert die vorige jaar.

Vroeër die maand het mnr. Barries Snyman homself op sy plaas in die Oos-Kaap geskiet nadat dinge skynbaar te veel vir hom geword het.

Genl. Van Zyk wts daarop dan banke net tot op ‘n sekere vlak krediet kan toestaan, en dat die koste van geskenkte voer so hoog geword het dat boere nie veel keuse het as om kuddes uit te dun nie. Dit neem lang om weer daarvan te herstel.

Liberty se Henk Meintjes glo dat die ekonomiese toestand van die boere, veral vir dié oor 55, bydra tot die verhoging in selfmoorde, al het hulle geen konkrete bewys vir die vermoede nie.

Foto: Genl Chris van Zyl