Onderrig en onderwys – perspektief op die era sedert 1902

Onderrig en onderwys van ons volkskinders was die sleutel tot Afrikanersukses voor, maar ook na 1902.

Te midde van ´n verskroeide land het die Bittereinder-Boer veral twee dinge gedoen: Plase begin heropbou, teen alle uitbuitende teenstand in; CNO-skole op die been gebring, wat uiteindelik Milnerisme in staatskole sou stuit.

Met die karigste middele denkbaar sou die Afrikaner oor dekades opoffer om ons kinders telkens beter geleenthede te bied.  Vandag nog vertel skoolname die verhaal; talle skole beskik oor monumente in die vorm van skoolname, gedenkstene (veral uit die era 1938-49).

Maar veral vertel die sukses van ons volk die verhaal van die vrug wat daardie opoffering deur ouers en harde werk deur leerlinge en studente vermag het.  En elke prestasie was hard voor gewerk, daar is gestrewe na die hoogste standaarde. Hand-aan-hand het ons volk opgestaan, ons land ontwikkel en is dit teruggeploeg in beter skole, kolleges, universiteite en nagraadse navorsing in uiteenlopende velde.

Die bewys was te vind in instansies soos die AEK, WNNR, Onderstepoort, wêreldklas opleidingshospitale en natuurlik universiteite wat met die beste in die wêreld kon meeding.

Hierdie is alles betaal deur die volk, aanvanklik uit eie middele direk, later deur belastings aan ´n eie regering.

Sedert 1948 het die Afrikaner uit eie middele ook begin om swart onderwys – afgeskeep deur die Britse oorheerser – in plek te stel vir ander landgenote.  Dit is maar een van die WARE nalatenskappe van die sogenaamde “apartheidsera”.  (Voor 1948 het die Engels-beheerde owerheid swart onderwys doelbewus beperk, ten einde ´n arbeidspoel vir hul geldmag-finansierders daar te stel.)

Wanneer daar vandag dus allerlei eise gestel word vir gratis onderrig, is dit ´n onhaalbare ideaal geskoei op vervalste “feite”.  Die eis van vandag word regverdig met verwysings na die onderwys wat ons geniet het oor geslagte heen, maar sonder om in ag te neem dat ons self vir daardie onderwys betaal het.

Daar word gewag gemaak dat elkeen “gelyke” onderwys moet geniet. Dit is onwerkbaar in ´n wêreld waar mense verskillende vermoëns het.

Daar word bitter graag verwys na agterstande – wat inderdaad bestaan – sonder dat die ANC-maghebbers en verloopte liberale dampkring die ware rede daarvoor vermeld.

Net soos ons verlede jaar gesien het, het swart leerlinge telkens – onder ANC-aanhitsing – die skole wat vír hulle gebou is, afgebreek, afgebrand en die onderrig infrastruktuur verwoes.

Ons kan ook aanvaar dat – soos bevestig deur die ANC se eie statistikus-generaal –  dieselfde argelose houding wat swart ouers steeds teenoor hul kinders se onderwys openbaar, maar altyd deel van hul beskouing was.

Die agterstande is dus die direkte oorsaak van hul eie keuses.

Anders as die leuens wat deur Mandela en meelopers begin en deur sy volgelinge steeds verkondig word, hét swart leerlinge voldoende geleenthede geniet.  Hulle het egter die keuse gemaak om die skole, kolleges en universiteite wat vir hulle gebou is, te verwoes.

Dit gaan steeds voort en ons moet die ware rede daaragter raaksien.  Vir diegene wat die mas nie opkom nie, weens hulle keuses, is die maklikste weg na “gelykheid” om standaarde te verlaag en ander ook van húl geleenthede en geriewe te ontneem.

Daarom moet ons volk opnuut besef dat die antwoord is te vind in 1902: die beginsels en praktyk van CNO herleef vandag in ons CVO skole.

Slegs indien ons kinders hul volle potensiaal ontwikkel, sal ons volk in staat wees en die volgende 100 jaar tegemoet te gaan.  Slegs indien ons kinders weer in hul eie taal, kultuur en onder hul eie skoolgaan, sal ons volk sy trots herwin. Slegs in volkseie Christen skole sal geloofswaardes weer tot sy reg kan kom.