Nuusflitse

Kaapstad inwoners staar tariefverhogings in die gesig

Met die begroting wat voorgelê is vir goedkeuring het die raad voorstelle gemaak dat tariewe van water en elektrisiteit vir verbruikers verhoog moet word.  Die publiek het tans geleentheid om repliek te lewer voor die goedkeuring en inwerkingstelling van die nuwe tariewe op 1 Julie 2017.

Kinder voedingskema gee miljoen kos

Die Gauteng regering befonds die voeding van meer as 1,3 miljoen skoolkinders per dag en nou word die oproep gedoen dat die skema ook uitgebrei moet word tydens skool vakansies.

Die koste van die projek is nie bekend nie.

 

Cronin sal openlik teen Zuma stem

Die adjunk-sekretarisgeneraal van die SAKP, Jeremy Cronin, sê hy gee nie om as sy stem in die mosie van wantroue teen president Jacob Zuma bekend is nie en sal daarom nie agter ‘n geheime stem wegkruip tydens ‘n wantrouemosie teen Zuma nie.